Guinness World Records

Guinness World Records
SkrywerCraig Glenday (redakteur)[1]
OmslagontwerperSimon Jones
TaalEngels, Arabies, Bulgaars, Chinees, Kroaties, Tsjeggies, Deens, Nederlands, Estnies, Filippyns, Fins, Frans, Duits, Grieks, Hebreeus, Hongaars, Yslands, Italiaans, Japannees, Koreaans, Lets, Noors, Persies, Pools, Portugees, Roemeens, Russies, Slowaaks, Sloweens, Spaans, Sweeds en Turks
ReeksJaarboek
Onderwerpwêreldrekords
Genreverwysing
UitgewerJim Pattison Group
Uitgegee10 November 1951
MediumBoek, Televisie
Sultan Kösen (van Turkye) is sedert 17 September 2009 die langste steeds lewende persoon op aarde.
Lucky Diamond Rich is "die wêreld se mees getatoeëerde persoon", met tatoeëermerke oor sy hele lyf. Hy hou die Guinness-wêreldrekord seder 2006 en is 100% getatoeëer.

Guinness World Records, sedert sy ontstaan in 1955 tot 1998 bekend as The Guinness Book of World Records, is 'n verwysingsboek wat jaarliks gepubliseer word, met 'n lys van alle wêreldrekords en nasionale rekords, van menslike prestasies sowel as die uiterstes van die natuurlike wêreld.

Met die 2016-uitgawe is dit nou in sy 62ste jaar van publikasie. Die internasionale franchise het uitgebrei buite die gedrukte weergawe om ook 'n TV-reeks en museums in te sluit. Die gewildheid van die franchise het daartoe gelei dat Guinness World Records steeds die primêre internasionale gesag op die katalogisering en die verifikasie van 'n groot aantal wêreldrekords is; die organisasie het amptelike rekordbeoordelaars in diens wat gemagtig is om die egtheid van die opstel en verbetering van rekords te verifieer.[2]

  1. "Corporate" (in Engels). Guinness World Records. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2018. Besoek op 19 Oktober 2010.
  2. "Frequently Asked Questions".

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search